Die Pretoria Mannekoor    |    The Pretoria Male Choir

Pretoria Mannekoor

Geskiedenis    |    Koorlede    |    Kontak

Geskiedenis

Die koor is in 1995 gestig deur Hennie Mentz as voorsitter, Salome Hendriks as dirigent en Marina Mentz as begeleidster. Vanaf 2001 tot 2007 het Margie Spaumer, vorige dirigent van die SAP Mannekoor (1986 - 1992), as dirigent opgetree. Vanaf 2008 neem Marina Mentz die leisels oor as dirigent (2008 tot op hede) met Jaco Prinsloo en Stephan Gericke (2008 tot 2017), Kobus Groenewald (2018), Chanie Jonker (2019) en Jannie le Roux (2019 tot op hede). In 2018 tree Hennie Mentz uit as voorsitter, en word deur Paul Marden en daarna deur Imre Viljoen opgevolg.

Die koor is daarop ingestel om die vreugde van koorsang uit te dra en ons spits ons toe op liedere spesiaal gekomponeer vir mannekore asook verwerkings vir mannekoor. Die koor het reeds in sy eerste "nuwe jaar" 'n paar hoogtepunte beleef o.a. konserte in Pretoria, Lichtenburg en Amersfoort, saam met Eddie Davey en sy Musica Festiva span. In sy kort bestaan het die koor aan verskeie mannekoorfeeste deelgeneem en saam met soliste soos Rudi Neitz, Daniël Verster, Rocco de Villiers, Hannetjie van Zuydam, Mimi Coertze, Heinz Winckler,  Nadine en Jannie Moolman opgetree. Die koor tree ook gereeld op uitnodiging by aftree-oorde en tydens eredienste in kerke op. Kerk optredes word in oorleg met die betrokke predikant beplan sodat dit 'n integrale deel van die liturgie vorm.

Die koor het reeds 4 CD's uitgereik met 'n verskeidenheid werke op van Schubert, Chris Lamprecht en vele meer.

In die afgelope paar jaar het die koor opgetree in Pretoria, Alberton, Boksburg, Brakpan, Bronkhorstspruit, Groblersdal, Hartbeesfontein, Emalahleni (Witbank), Kemptonpark, Oudtshoorn, Rustenburg, Sun City en Wes-Rand. Daar is gereelde deelname aan koorfeeste o.a. onder leiding van Bennie Bierman en Richard Cock. Daar was ook heelwat optredes by aftree-oorde, kerkfeeste en herdenkings sowel as reünies.

In 2019 bied die Pretoria Mannekoor "Songs of Joy" aan saam met Richard Cock en 6 ander mannekore.
In 2018 en 2019 behaal die Pretoria Mannekoor Prestige Sertifikate by die Allegretto Eisteddfod en lewer in 2018 verskeie items by die Gala Aand in Emalahleni waar hulle 'n trofee ontvang vir die mees veelsydigste koor.
In 2013 het die koor deelgeneem aan die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) in Oudtshoorn.
In 2012 het die koor deelgeneem aan 'n opera uitvoering van Faust van Gounod aangebied in die Brooklyn teater in Pretoria.

Die koor ontvang talle uitnodigings om ook op die platteland op te tree en poog om soveel as moontlik van hierdie uitnodigings te aanvaar en sodoende ook die vreugde van koormusiek buite die grense van Pretoria uit te dra.

Vir die nuutste uitvoerings, besoek gerus ons Facebook blad.         

Kalender

Koorlede

Die lede van die Pretoria Mannekoor in 2019, volgens stemgroep is:

Dirigent Begeleier
Marina Mentz Jannie le Roux
Tenoor I Tenoor II Bas I Bas II
Bertus Bezuidenhout Christo Du Plessis Richard Hudson Hennie Greyvenstein
Hannes de Wet Stroebel Hofmeyer Craig Jacoby Jack Loggenberg *
Francois Fourie Otto Nel * Hennie Klopper Nikki Prinsloo
Ebert Pansegrouw Andries Steyn Elbert Loubser Albert Kloppers
Nico Swartz * Theo van Zijl (Bemarking) Peet Strydom Gert Venter
Theo Vermaak Kobie Strydom (Tesourier) Andre Theron
Hennie van Heerden
Imre Viljoen * (Voorsitter)

* Stemleier

Kontak Inligting:

Koorleier: Marina Mentz
083 432 8875

Voorsitter: Imre Viljoen
083 271 8165

CD verkope: Otto Nel
083 556 7623
Posbus 12956,
Clubview,
0014